Study

NWT: Energie

  •   0%
  •  0     0     0

  • Wat is 'n vaste as?
    DIe as staan stil terwyl die wiele daarom draai.
  • Noem 4 dinge wat 'n mens kan doen tydens 'n brand.
    Bly kalm. Bly laag op die grond. Kruip weg van die vuur. Beweeg na die naaste uitgang. Kom so gou moontlik uit die gebou. Bel die brandweerstasie.
  • Wat is die inset- en uitset-energieë by die volgende toestel: haardroër
    elektries - bewegings, hitte
  • Hoe help wiele en asse vervoermiddels om makliker te beweeg?
    DIt neem die inset-energie en verander dit na meer uitset-energie.
  • Wat is gebergde energie?
    Energie wat in iets gestoor of geberg is.
  • Wat is die inset- en uitset-energieë by die volgende toestel: waaier
    elektriese - bewegings
  • Noem enige 3 maniere om brande te voorkom.
    Enige toepaslike antwoord.
  • Noem 4 alledaagse brandstowwe wat ons gebruik in en om die huis.
    paraffien, gas, hout, petrol, steenkool, kerswas
  • Noem 3 redes hoekom wind 'n beter energiebron is as steenkool om elektrisiteit op te wek.
    Steenkool laat skadelike gasse vry. Dit veroorsaak lugbesoedeling en kan mense siek maak. Steenkool kan opraak terwyl wind altyd daar sal wees.
  • Wat noem ons die kabels waardeur groot hoeveelheid elektrisiteit vloei?
    transmissielyne
  • Wat beteken die woord saampers?
    Om iets saam te druk.
  • Wat uit die vuurdriehoek word weggeneem wat maak dat die vuur sal ophou brand: Gooi water bo-oor die vuur.
    hitte
  • Wat uit die vuurdriehoek word weggeneem wat maak dat die vuur sal ophou brand: Gebruik 'n kersnuiter om 'n kers dood te maak.
    suurstof
  • Gee 3 maniere om elektrisiteit veilig te gebruik.
    Enige toepaslike antwoorde.
  • Wat is 'n battery?
    Meer as een elektrochemiese sel.
  • Wat is die inset- en uitset-energieë by die volgende toestel: fiets
    chemies - bewegings
  • Wat is inset-energie?
    Die hoeveelheid energie wat by 'n brandstof gevoeg word om dit te laat brand.
  • Waar of onwaar en gee 'n rede vir die antwoord: Die draaipunt sit aan die kant van die wiel.
    Onwaar, in die middel.
  • Wat is die inset- en uitset-energieë by die volgende toestel: flits
    chemies - lig
  • Noem 4 alledaagse voorbeelde van waar ons vere (springs) gebruik.
    Matrasse, hopstok, muisvalletjie, motors
  • Wat is 'n draaiende as?
    Die as en die wiele draai saam.
  • Wat uit die vuurdriehoek word weggeneem wat maak dat die vuur sal ophou brand: 'n Boer maak spasie tussen 2 wingerde.
    brandstof
  • Wat is 'n stelsel?
    Twee of meer dele wat saamwerk om 'n werk te verrig.
  • Hoe kan ek meer gebergde energie gee aan 'n veer?
    Deur dit saam te pers.
  • Watter 3 energiebronne kan ons gebruik om elektrisiteit op te wek wat amper nooit sal op raak nie?
    Wind, water, Son
  • Watter energiebron word die meeste gebruik in Suid-Afrika om krag op te wek?
    Steenkool
  • Wat doen 'n elektrochemiese sel?
    Dit verander die energie in chemikalieë na elektrisiteit toe.
  • Wat is uitset-energie?
    Dit is die energie wat ontstaan wanneer 'n brandstof brand.
  • Wat uit die vuurdriehoek word weggeneem wat maak dat die vuur sal ophou brand: Gooi 'n kombers oor 'n klein vuur.
    suurstof
  • Wat is 'n brandstof?
    Iets wat geëet of verbrand word om energie vry te stel.
  • Wat is die drie dinge wat 'n vuur nodig het om te brand?
    hitte, suurstof, brandstof
  • Noem die drie belangrike feite oor elektrisiteit.
    Kraglyne dra baie groot hoeveelhede krag. Plastiek en rubber gelei nie hitte nie. Elektrisiteit gaan maklik deur water, mense en metaal.
  • Wat is die doel van 'n substasie?
    Dit is 'n plek waar die sterkte van elektrisiteit verander word.
  • Hoe kan ek meer gebergde energie gee aan 'n rekkie?
    Deur dit uit te rek.
  • Wat is die inset- en uitset-energieë by die volgende toestel: TV
    elektries - lig, klank