Study

Afrikaans Graad 5: Tema 3

  •   0%
  •  0     0     0

  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: Oud-Namakwalanders
    Verbindings met eiename.
  • Wat is die doel van 'n byvoeglike naamwoord?
    Dit beskryf die selfstandige naamwoord.
  • Afkappingsteken: Spel die meervoud van - video
    video's
  • Wat is die vergrotende trap van: graagste
    liewer
  • Wat is die intensiewe vorm van: lig
    veerlig
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: Suid-Afrika
    Plekname wat uit 'n eienaam en 'n rigting bestaan.
  • Wat is die trappe van vergelyking van: winsgewend
    winsgewend, meer winsgewend, mees winsgewend
  • Wat is die trappe van vergelyking van: tevrede
    tevrede, meer tevrede, mees tevrede
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: kiwi-eier
    Opeenhoping van vokale.
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: pens-en-pootjies
    Woorde wat gekoppel word.
  • Wat is die trappe van vergelyking van: gespanne
    gespanne, meer gespanne, mees gespanne
  • Wat is die trappe van vergelyking van: baie
    baie, meer, die meeste
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: sing-sing
    Woorde wat herhaal.
  • Wat is die intensiewe vorm van: toe
    bottoe
  • Afkappingsteken: Spel die meervoud van - radio
    radio's
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: hen-en-kuikens
    Woorde wat gekoppel word.
  • Afkappingsteken: Spel die verkleinwoord van - ski
    ski'tjie
  • Afkappingsteken: Spel die meervoud van - TV
    TV's
  • Wat is die trappe van vergelyking van: nuut
    nuut, nuwer, nuutste
  • Afkappingsteken: Spel die verkleinwoord van - L
    L'etjie
  • Wat is die intensiewe vorm van: nat
    sopnat
  • Afkappingsteken: Spel die verkleinwoord van - foto
    foto'tjie
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: fluit-fluit
    Woorde wat herhaal.
  • Wat is die stellende trap van: pynlikste
    pynlik
  • Woorde wat eindig op die letters.... se verkleinwoord en meervoud het 'n afkappingsteken in die woord..
    i, o, u en lang a
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: Wes-Kaap
    Plekname wat uit 'n eienaam en 'n rigting bestaan.
  • Afkappingsteken: Spel die verkleinwoord van - pa
    pa'tjie
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: Alibama-skip
    Verbindings met eiename.
  • Wat is die vergrotende trap van: wydste
    wyer
  • Wat is die trappe van vergelyking van: goed
    goed, beter, beste
  • Wat is die oortreffende trap van: stil
    die stilste
  • Afkappingsteken: Spel die meervoud van - farao
    farao's
  • Vind die fout in hierdie sin: Syt vir my dit gesê.
    Sy't
  • Vind die fout in hierdie sin: Hiers geen bewyse nie.
    Hier's
  • Hoekom moet die volgende woord 'n koppelteken kry: see-oorlog
    Opeenhoping van vokale.
  • Wat is die stellende trap van: die minste
    min
  • Afkappingsteken: Spel die meervoud van - A
    A's
  • Vind die fout in hierdie sin: Waars al die hoenders?
    Waar's
  • Hoekom word die woord ma's met 'n afkappings-s geskryf, maar nie maskarras nie?
    Ma eindig met 'n lang 'a', maar maskarra eindig nie met 'n lang 'a' nie.
  • Wat is die intensiewe vorm van: oud
    stokoud
  • Wat is die oortreffende trap van: beter
    die beste
  • Afkappingsteken: Spel die verkleinwoord van - radio
    radio'tjie
  • Wat is die trappe van vergelyking van: slim
    slim, slimmer, slimste
  • Wat is die intensiewe vorm van: arm
    brandarm