'N Ontbinder voed op plant- en diereafval en dooie oorblyfsels, en sodoende breek hulle die oorblyfsels af in voedingstowwe wat aan die grond terugbesorg word.
Verduidelik wat 'n indringerspesie is.
'n Plant of dier wat nie in 'n spesifieke ekosisteem hoort nie wat versteurings aan die ekosisteem veroorsaak.
Die proses waar suurstof deur 'n organisme opgeneem word, wat gebruik word om energie in die organisme vry te stel, en koolstofdioksied word as 'n afvalproduk vrygestel.
Asemhaling
Klassifiseer die volgende voedsel item in die korrekte voedselgroep: Eiers
Proteïene
Wat is 'n paar van die negatiewe gevolge vir die verwerking van voedsel?
Verloor voedingswaarde, baie bymiddels wat sleg is vir die liggaam, die gerbruik van groot hoeveelhede kan tot gesondheidsprobleme lei.
Die primêre produk van fotosintese is:
glukose
Watter tipe verbruiker eet vleis, maar maak nie prooi dood nie?
Aasdier
Waarom is vette belangrike voedingstowwe vir ons liggame? Wat is hul rol?
Voorsien isolasie en beskerming vr die organe in die liggaam, ook gebruik as reserwe energie as koolhidrate opraak, en ook belangrik vir ‘n gesonde vel.
Wat wys die pyle in voedselwebbe?
Die rigting van die vloei van energie.
Wat is 'n voorbeeld van die korrekte formaat vir 'n staafgrafiek? A of B?
A
Verduidelik waarvoor die chemiese aanwyser jodium gebruik word om te toets.
Stysel
Watter organismes in hierdie voedselweb is sekondêre verbruikers?
Voël en akkedis.
Die stap in die wetenskaplike metode waar jy voorspel wat die uitkoms van jou eksperiment sal wees.
Hipotese
Die groen pigment wat in die blare van plante voorkom wat verantwoordelik is vir die vaslegging van ligenergie tydens fotosintese.
Chlorofil
Noem enige TWEE REËLS vir die teken van 'n wetenskaplike diagram.
Moet in potlood geteken word, met 'n liniaal, moet 'n opskrif hê, en etikette moet in lyn gebring word.
Watter vitamien / mineraal is verantwoordelik vir die handhawing van die waterbalans in die liggaam?
Natrium
Your experience on this site will be improved by allowing cookies.