Edit Game
NW K4 Eksamen Graad 7
 Delete

Use commas to add multiple tags

 Private  Unlisted  Public



 Save

Delimiter between question and answer:

Tips:

  • No column headers.
  • Each line maps to a question.
  • If the delimiter is used in a question, the question should be surrounded by double quotes: "My, question","My, answer"
  • The first answer in the multiple choice question must be the correct answer.






 Save   54  Close
Noem twee aanpassings van diere en plante wat bly in die hooggetysone.
Skulp vir weerstand teen hitte en suiers wat hul beskerm teen strome.
Watter 2 belangrike dinge gee die fotosintese proses vir ons?
Suurstof en glukosesuiker
Beskryf die lewe van die San in die somer.
In klein groepies gebly aangesien kos volop was.
Hoekom was dit vir die San belangrik om te weet wanneer dit volmaan gaan wees?
Hulle het gaan jag aangesien daar meer lig was om te sien.
Wanneer ervaar ons springgety?
Wanneer die Maan en die Son in lyn met mekaar is.
Soek die fout: Die Suidelike Halfrond het somer en dit sal begin in JANUARIE.
Die Suidelike Halfrond het somer en dit sal begin in DESEMBER.
Soek die fout: Die Noordelike Halfrond het WINTER en dit sal begin in Junie.
Die Noordelike Halfrond het SOMER en dit sal begin in Junie.
Soek die fout: Die Noordelike Halfrond het herfs en dit sal begin in MAART.
Die Noordelike Halfrond het herfs en dit sal begin in SEPTEMBER.
Soek die fout: Die Suidelike Halfrond het LENTE en dit sal begin in Maart.
Die Suidelike Halfrond het HERFS en dit sal begin in Maart.
Soek die fout: Die Suidelike Halfrond het LENTE en dit sal begin in Maart.
Die Suidelike Halfrond het HERFS en dit sal begin in Maart.
Die helfte van die Aarde bokant die ... staan bekend as die Noordelike Halfrond
Ewenaar
Die kant van die Aarde wat na die Son toe wys ervaar ... en die ander kant van die Aarde wat weg wys ervaar ...
Dag / nag
Die Aarde ... een keer per dag om sy eie as.
Roteer
Hy en sy suster maak ‘n model van die naghemel wat 90 000 sterre insluit.
William en Caroline Herschel
Hy verbeter die ontwerp van die teleskoop.
Galileo Galilei
Hy noem dat die son die middelpunt van die sonnestelsel is en dat die aarde om die son wentel.
Copernicus
Hy noem dat die Aarde en die ander planete nie in ‘n perfekte sirkel om die Son beweeg nie.
Johannes Kepler
Hy noem dat dit swaartekrag is wat die planete in hul wentelbane hou.
Isaac Newton
Faktore wat ’n voorwerp se swaartekrag beïnvloed is …
Massa en afstand
Ons gebruik die … kalender.
Gregoriaanse
… is die voorspelbare, herhalende styging en daling van oseaanvlakke.
Getye
… is die hoeveelheid materie in ’n voorwerp.
Massa
… is grond, stof en ander materie wat in die vorm van ’n laag onderin ’n vloeistof afsak.
Sediment
Tydens fotosintese gebruik plante … om ligenergie van die son te absorbeer en dit in suiker en stysel vir voedsel om te sit.
Chlorofil
… strale is gefokus op ’n groter area en is dus minder intens as direkte strale.
Skuins
Die Noordelike Halfrond het … in Maart.
Lente
Die denkbeeldige lyn Noord van die ewenaar staan bekend as die …
Kreefskeerkring
Teen watter hoek is die Aarde gekantel?
23,5 grade
Kragopwekking: Die ... wat draai skakel die kragopwekkers aan.
Turbines
Kragopwekking: Steenkool word ... en aan die brand gesteek.
Gemaal
Kragopwekking: Die stoom beweeg af in pype en draai 'n ...
Turbine
Kragopwekking: Die vuur verhit water om ... te vorm.
Stoom
Kragopwekking: Die kragopwekker werk met magnete wat ... energie verander na elektriese energie.
kinetiese
Is die volgende 'n voorbeeld van potensiële- of kinetiese energie: 'n Hond hardloop agter 'n bal aan.
Kinetiese energie
Is die volgende 'n voorbeeld van potensiële- of kinetiese energie: 'n Danser spring in die lug.
Kinetiese energie
Is die volgende 'n voorbeeld van potensiële- of kinetiese energie: 'n Potlood lê op die rand van 'n tafel.
Potensiële energie
Is die volgende 'n voorbeeld van potensiële- of kinetiese energie: 'n Taxi stop om passasiers op te laai.
Potensiële energie
Gee 'n voorbeeld van geleiding.
'n Pot op 'n stoof wat warm word.
Gee 'n voorbeeld van konveksie.
'n Lugverkoeler wat 'n kamer koud of warm maak. 'n Vuur wat 'n kamer verhit. Enige goeie antwoord.
Gee 'n voorbeeld van straling.
Son skyn op die Aarde. Enige goeie antwoord.
Noem die 3 hitte-oordrag metodes.
Geleiding, konveksie, straling
Turf het meer druk ervaar en nader aan die middel van die Aarde beweeg. Die ... het die turf laat verander na fossielbrandtowwe.
Hitte
Daar was baie druk op dooie materie en die druk het dit laat verander na ...
Turf
Miljoene jare gelede het plante in moerasse ... energie vanaf die Son absorbeer.
Lig
Energie wat in ’n stelsel gestoor word.
Potensiële energie
Hou items koud omdat hulle die hitte-oordrag van die omgewing vertraag
Hitte-isolator
Energie wat ’n verandering in beweging veroorsaak.
Kinetiese energie
’n Brandstof wat miljoene jare gelede ondergronds uit lewende materiaal gevorm het.
Fossielbrandstowwe
Energie vanaf lopende water.
Hidroëlektrisiteit
’n Klein toestel wat meganiese energie in elektriese energie omsit.
Dinamo
Watter energieë word vermors by 'n boormasjien?
Hitte en klank energie
’n Pot sop wat op ’n stoof verhit word is ’n voorbeeld van ‘n … stelsel.
Termiese
Wat is die meeteenheid van potensiële energie?
Joule
Noem 3 voorbeelde van nie-hernubare energiebronne.
Steenkool, olie, gas, uraan, kernbrandstowwe