Edit Game
Idiome Wynland
 Delete

Use commas to add multiple tags

 Private  Unlisted  Public



 Save

Delimiter between question and answer:

Tips:

  • No column headers.
  • Each line maps to a question.
  • If the delimiter is used in a question, the question should be surrounded by double quotes: "My, question","My, answer"
  • The first answer in the multiple choice question must be the correct answer.






 Save   50  Close
Nie op jou ... geval wees nie.
mond/bek - Altyd 'n antwoord hê.
Net 'n donkie stamp hom twee keer teen ...
dieselfde klip - Net 'n dom mens maak twee keer dieselfde fout.
Nie van jou hart 'n ... maak nie.
moordkuil - Sê wat jy voel, al gaan dit konflik veroorsaak.
Met iemand die ... steek.
draak - Gekskeer.
Ou ... uit die sloot grawe.
koeie - Pynlike herinneringe herroep.
... bene kou.
Hade - Swaarkry.
Die alfa en ...
omega - Die begin en die einde.
Deur dik en ...
dun - Deur goeie en slegte tye.
Liewer bang Jan as ...
dooie Jan - DIs goed om versigtig te wees.
Iemand is 'n haan onder die ...
henne - Een man is omring deur baie vroue.
Sonder om te blik of te ...
bloos - Sonder enige skaamte.
Iemand rot en ... steel.
kaal - Alles steel.
Die skrif is aan die ...
muur - Die tyd van afrekening is hier.
Iemand hou homself ...
aasvoël - Iemand daag op net voor ete en vertrek weer direk daarna.
Iemand 'n rat voor die ... draai.
oë - Vir iemand jok.
As my ... kom.
skip - As ek baie geld kry.
Die trojaanse ... inbring.
perd - Onbewus gevaar inbring.
Rus ...
roes - As jy jou vaardigheid nie gebruik nie, verloor jy dit later.
Jou tande ... vir iets.
slyp - Uitsien, by voorbaat iets geniet.
'n Profet word nie in sy ...
eie land geëer nie - 'n Verdienstelike persoon word nie in sy eie land hoog aangeslaan nie.
Op alles ja en ... sê.
amen - Met alles saamstem.
Snuf in die ... kry.
neus - Agterdogtig word.
Iets staan soos 'n paal bo ...
water - Sonder twyfel, baie duidelik.
Sit met die gebakte ...
pere - Die onaangename gevolge van iets dra.
Iets is iemand se Achillies-
hiel - Iemand se kwesbaarste plek.
Goedkoop koop is ...
duur koop - Dinge wat goedkoop is, is dikwels nie van goeie gehalte nie.
Daar het ... deurgeloop.
suurlemoensap - Daar is nie eerlik opgetree nie.
Die ys ...
breek - Iets sê of doen om die ongemaklikheid te oorkom.
Met die sak .. vorendag kom.
patats - Die volle waarheid vertel.
Iemand aan 'n ... hou.
lyntjie - Iemand op 'n antwoord laat wag.
Nuwe besems ...
vee skoon - 'n Nuut-aangestelde persoon werk ywerig.
Die kaf van die ... skei.
koring - Onderskei tussen wat belangrik en onbelangrik is.
Iemand is meer bek as ...
binnegoed - Iemand praat meer as wat hy doen.
Die ... is die sous nie werd nie.
kool - 'n Saak is nie die moeite werd om energie op te mors nie.
'n Man van twaalf ambagte en ...
dertien ongelukke - Iemand wat niks behoorlik doen nie.
Met die ... in die mond gebore wees.
goue lepel - Baie bevoorreg en voorspoedig wees.
Tussen Farao en die ...
Rooi See - Tussen twee gevare.
Geld wat stom is, maak reg ...
wat krom is - Met geld kan 'n mens enigiets doen.
Die wind uit iemand se ... neem.
seile - Iemand se entoesiasme demp.
Hoeveel onse is in jou ...
pond - Wie word almal onder "ons" bedoel?
Praatjies vul geen ...
gaatjies - Deur net te praat, rig 'n mens niks uit nie.
Iemand se ... is erger as sy byt.
blaf - Iemand voer nie sy dreigemente uit nie.
Die poppe gaan ...
dans - Daar gaan moeilikheid wees.
Te veel ... in die vuur hê.
ysters - By te veel sake op een stadium betrokke wees.
Smee die yster terwyl ...
dit warm is - Gebruik die kans terwyl jy dit het.
Elke huis het sy ...
kruis - Elkeen het sy eie moeilikheid.
Baantjies vir ...
boeties - Werksgeleenthede beskikbaar maak vir familie en vriende.
Gedane sake het ...
geen keer nie - 'n Mens kan niks doen aan dit wat reeds verby is nie.
Stille waters diepe grond, ...
onder draai die duiwel rond - Swygsame mense steek dikwels verrassende dinge weg.
Skoon... maak.
skip-Al die pryse verower.